Adviseurs vir die Nasies

ADVISEURS VIR DIE NASIES 3de KONFERENSIE:  25 – 28 SEPTEMBER 2025

Kingdom Advisors is ‘n trotse ondersteunende vennoot vir die Advisors for the Nations konferensie. Vir meer inligting oor Kingdom Advisors, kliek hier.

Advisors for the Nations is in September 2023 gebore, en is, in wese, ‘n beweging vir finansiële professionele persone in suidelike-Afrika wat toegerus wil word om advies te gee vanuit ‘n Bybelse- en Christelike wêreldbeskouing.

Agtergrond

Ron Blue, stigter van een van die grootste professionele rekeningkundige firmas in Amerika, het in 1977 sy firma verlaat en saam met Leadership Dynamics International gewerk en Bybels-gebaseerde leierskap- en bestuurseminare in Afrika en die VSA ontwikkel en aangebied. In 1979 het Ron en sy vrou, Judy, dit oorweeg om na Suid-Afrika te verhuis om saam met Campus Crusade for Christ te werk. Later dieselfde jaar, op nog ‘n reis na Afrika, is hy uitgedaag om sy agtergrond as CPA-professionele persoon te gebruik om Christene te help om beter rentmeesters te wees van die hulpbronne wat God aan hulle toevertrou het. Hierdie uitdaging, tesame met aanmoediging van ander individue, het hom die visie en moed gegee om Ronald Blue Trust, National Christian Foundation, Kingdom Advisors en die Ron Blue Institute for Financial Planning te begin.

In ooreenstemming met die oorspronklike dapper visie van Ron Blue, voel ons sterk dat die tyd aangebreek het om die beweging vir Christelike finansiële beroepslui terug na suidelike-Afrika, en daarna na die nasies, te bring.

Ons word uitgedaag deur die woorde van David Platt:

Gaan ons gemak of die kruis kies?

Gaan ons tevrede wees met instandhouding of opoffer vir sending?

Jesus het ons nie ‘n opsie gegee om te oorweeg nie; Hy het ons ‘n opdrag gegee om te gehoorsaam.

 Counter Culture: Following Christ in an Anti-Christian Age (p. 239 & 248)

 

Volg die skakel na ‘n kort videogreep hieronder vir die aankondiging van die bekendstelling van die beweging:

2025 Konferensie besonderhede

Die 2025 konferensie van Advisors for the Nations vind plaas van 25 – 28 September by die besonderse Hippo Lakes in die Waterberg area. Vir meer inligting oor hierdie pragtige plek in die Bosveld (sowat 30 minute vanaf Vaalwater), kyk gerus na hierdie kort video:

Die koste per persoon vir die konferensie word tans soos volg beraam:

 Konferensiefooi R1,500
 Akkomodasie 
(sluit in verblyf, maaltye, verversings vir 3 nagte & 1 wildbesigtigingsrit)
     Deel ‘n kamer opsie R4,500
     Nie-deel opsie R6,000
 Vervoer tussen OR Tambo lughawe & Hippo Lakes R2,500

 

Tydens die konferensie sal ons blootgestel word aan inspirerende plaaslike en internasionale sprekers wat ons sal toerus om ons Christelike geloof te integreer met professionele finansiële advies.

 

Ongelukkig kan ons weens beperkte verblyf net 60 mense akkommodeer.

 

Moenie hierdie geskiedkundige gebeurtenis misloop nie. Kom ons maak saam ‘n impak vir die Koninkryk in die markplek, wat van suidelike-Afrika na die nasies kan uitkring.

 

Deel gerus hierdie inligting met ander finansiële professionele persone en kontak ons met enige vrae.

 

 

Verseker jou plek deur aanlyn te registreer: